Toelating tot die magistergraad moet deur die departementshoof goedgekeur word.

MA (Verhandeling)

‘n Verhandeling oor ‘n tema uit die Afrikaanse en/of Nederlandse letterkunde of taalkunde wat getuig van kritiese sin en navorsingsbevoegdheid.

MA (Gedeeltelik gedoseer)

‘n Geleide gevorderde studieprogram bestaande uit drie modules.

Module 1 en 2 moet tydens dieselfde eksamenperiode afgehandel word en kan gekies word uit die volgende moontlikhede:

Taalvariasie
Grammatika
Semantiek
Taalgeskiedenis
Literêre teorie en kritiek
Poësie
Prosa
Drama
Module 3 is ‘n skripsie oor ‘n onderwerp wat deur die departementshoof goedgekeur moet word. Module 1 en 2 tel elk 25% en die skripsie 50% en elk van die drie modules moet afsonderlik geslaag word.​​