​Toelatingsvereistes

Toelating tot die honneurskursus moet goedgekeur word deur die departementshoof.

Die honneurseksamen bestaan uit vyf modules.

Module 1

Navorsingsopstel (‘n Navorsingstema uit enige van die onderstaande taal- of letterkundetemas, gekies in oorleg met die departementshoof.)

Modules 2-5

Studie-onderwerpe moet uit sowel die Taalkunde- as die Letterkunde-afdelings gekies word, minstens een uit elke afdeling.

Taalkunde

Letterkunde

Fonologie

Goties

Leksikografie

Middelnederlands

Morfologie

Oudnoors

Semantiek

Sintaksis

Taalgeskiedenis

Taalvariasie

Taalversorging

Drama

Poësie

Romankuns

Prosa-subgenres (Essay, Kortverhaal, Biografie)

Kinder- en jeugliteratuur

Literêre teorie en kritiek

Nederlandse literatuur

Let wel: Al die modules word nie noodwendig elke jaar aangebied nie.

Een van die vyf modules mag uit ‘n ander departement geneem word (nie module 1 nie). Die module moet nou aansluit by die res van die kursus en moet gekies word in oorleg met die departementele voorsitter.​​