Toelatingsvereistes: ’n BA-program of gelykwaardige kwalifikasie met Linguistiek en/of Literatuurwetenskap, minstens een taal of ’n relevante spesialisasie in Kommunikasie op derdejaarsvlak. Studente spesialiseer in Vertaling en Redigering en moet (a) minstens een verdere taal op tweedejaarsvlak en (b) ’n departementele vertaal- en redigeertoets slaag.

Duur van die program: 1 jaar (voltyds) of 2 jaar (deeltyds)

Koste (2014): Tussen R23 000 en R28 000 per jaar

Kontakbesonderhede: Prof AM Beukes / Tel: 011 559 2694 / E-pos: ambeukes@uj.ac.za​

Kort beskrywing van die program: Die nagraadse program in Toegepaste Linguistiek is gemik op die gespesialiseerde onderwys-, opleiding- en navorsingsbehoeftes van taalpraktisyns soos vertalers, tolke, teksredigeerders, taalbeplanners, kopieskrywers en taalonderwysers. Vertaling en tolking is albei komplekse linguistiese, kognitiewe en tekstuele prosesse wat, onder andere, ook sosiokulturele bemiddeling vereis. Wanneer die kompleksiteit van hierdie aktiwiteite sowel as die interdissiplinêre aard van die taalpraktyk in ag geneem word, bied hierdie programme ’n balans tussen teoretiese, praktiese en empiriese kennis en vaardighede.

Vir hierdie program moet studente vyf modules voltooi wat uit die volgende opsies gekies kan word. (Let daarop dat die Navorsingsopstel (LIN8X01) verpligtend is.)

Navorsingsopstel

LIN8X01

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 10

Genreteorie en Toepassings

LIN8X02

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Taal in Praktyk

LIN8X03

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Taalbeplanning, -toepassings en -kritiek

LIN8X04

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Linguistiese Teorieë en Toepassings

LIN8X05

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Vertaalteorie, -kritiek en -geskiedenis

LIN8X06

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Tolking

LIN8X07

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Literêre Vertaling en Kritiek

LIN8X08

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Veeltaligheid in Opleiding en Onderwys

LIN8X09

HOKR-vlak: 8

NKR-krediete: 20

Navorsingsopstel (LIN8X01)

Die doel van hierdie module is om studente die nodige vaardighede te leer om:

· ’n navorsingsonderwerp te kies;

· aanvanklike navorsing oor die onderwerp te doen;

· die onderwerp te omskryf en die navorsingsvraag of -probleem te formuleer;

· op ’n navorsingsmetode en die formulering van doelwitte vir die navorsing te besluit;

· die navorsingsraamwerk uit te stippel;

· die leeslys vir elke afdeling saam te stel;

· die navorsingsvoorstel te struktureer.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· ’n onderwerp vir navorsing te kies;

· aanvanklike navorsing oor die onderwerp te onderneem;

· die onderwerp te omskryf en ’n navorsingsvraag of -probleem te formuleer;

· op die toepaslike navorsingsmetode vir die onderwerp te besluit;

· die doelwitte van die navorsing te formuleer;

· die navorsingsraamwerk uit te stippel;

· die bibliografie saam te stel;

· ’n navorsingsvoorstel saam te stel;

· ’n akademiese navorsingsverslag met bronverwysings te skryf.

Berekeningskriteria: Volletydperkpuntegewig – 100%

Genreteorie en Toepassings (LIN8X02)

Die doel van die module is om studente meer vertroud te maak met genreteorie, die benaderings tot genre-analise en metodes van genre-analise.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· ’n uiteensetting van die linguistiese grondslag van genreteorie te gee;

· Die toepaslike metataal van genreteorie te gebruik; en

· ’n verskeidenheid professionele en akademiese genres te analiseer.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%

Taal in Praktyk (LIN8X03)

Die doel van die module is om studente vertroud te maak met die gevorderde metodes, prosedures en kwessies rakende die gebruik van tekste in ’n verskeidenheid toepassings, insluitend algemene en gespesialiseerde vertaling en redigering (bv. finansiële vertaling, regsvertaling, kreatiewe vertaling), teksaanpassing, oorklanking en subtitels aanbring.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· toepaslike vertaal- en/of redigeer- of aanpassingsmetodologie toe te pas;

· die toepaslike metataal van vertaling en/of teksredigering te gebruik;

· ’n verskeidenheid vertaalde en/of geredigeerde of aangepaste tekste te produseer.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%

Taalbeplanning, -toepassings en -kritiek (LIN8X04)

Taalbeleid en -beplanning is ’n gebied van navorsing wat binne die omvang van sosiolinguistiek val en wat fokus op die rol van taal in die sosiale lewe. Die doel van die module is om studente vertroud te maak met die effek van politiese, ekonomiese en sosiale strukture en prosesse en ideologieë van taal in taalbeleid en -beplanning.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· ’n deeglike begrip van die grondslae van taalbeplanning te demonstreer;

· ’n deeglike begrip van die sleutel- teoretiese perspektiewe in taalbeleid en beplanning te demonstreer;

· kontemporêre navorsingsmetodologie in taalbeleid en -beplanning te bespreek;

· ’n deeglike begrip van die aktuele sleutelonderwerpe van navorsing in taalbeleid en -beplanning te demonstreer.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%

Linguistiese Teorieë en Toepassings (LIN8X05)

Die doel van die module is om studente vertroud te maak met die hoofdissiplines van linguistiese teorie, soos psigolinguistiek en kognitiewe linguistiek.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· die verskeie afdelings van linguistiek te herken en in staat wees om hulle met mekaar in verband te bring;

· insig in die verskeie toepassingsdomeine van Sosiolinguistiek, Forensiese Linguistiek, Antropologiese Linguistiek, Tekslinguistiek, Kognitiewe Linguistiek, Psigolinguistiek en Opvoedkundige Linguistiek te toon;

· die verskeie afdeliings met ’n spesifieke spesialisasiegebied, naamlik vertaalstudies, redigering, navorsing in literatuurwetenskap of tweedetaalverwerwing in verband te bring;

· die toepassing van minstens twee afdelings op ’n spesialisasiegebied te demonstreer.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%

Vertaalteorie, -Kritiek en -Geskiedenis (LIN8X06)

Die doel van die module is om studente vertroud te maak met die geskiedenis en teorie van vertaling asook vertaalkritiek soos dit van toepassing is op goeie metodes en prosedures van vertaling, en dokumentêre navorsing ter ondersteuning van vertaalteorie, -geskiedenis en -kritiek.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· te redeneer teen die kulturele en historiese agtergrond van die dissiplines met verwysing na die hoofrolspelers;

· die hoof- teoretiese kwessies waaraan hierdie benaderings en dissiplines aandag gee, te verstaan;

· die sleutelterme, konsepte en analitiese instrumente wat die debat tussen die benaderings en dissiplines vorm, toe te pas;

· bogenoemde op ’n kritiese bespreking van relevante kwessies toe te pas;

· bogenoemde op relevante toepassings buite die gebied van literêre studie toe te pas.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%

Tolking (LIN8X07)

Die doel van die module is om studente vertroud te maak met die teorie en praktyk van tolking, goeie metodes en prosedures in die praktyk van tolking, en dokumentêre navorsing ter ondersteuning van tolking.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· tussen die verskeie tipes tolking, naamlik skakeltolking en konferensietolking, te kan onderskei;

· tussen die verskeie modusse van tolking, naamlik simultane tolking en konsekutiewe tolking, te kan onderskei;

· oor die toepassingsdomeine van skakeltolking, d.i. in die gesondheidsektor, verslag te doen;

· vergelykend oor die stand van skakeltolking in Suid-Afrika en ander lande verslag te doen;

· die funksionering van telefoontolking te verstaan;

· insig in die stand van hoftolking te toon;

· oor die neurologiese aspekte van simultane tolking verslag te doen;

· die riglyne vir suksesvolle simultane tolking toe te pas.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%

Literêre Vertaling en Kritiek (LIN8X08)

Die doel van die module is om studente vertroud te maak met die teorie van literêre vertaling sowel as vertalingsbeoordeling en -kritiek soos dit van toepassing is op goeie metodes en prosedures in die praktyk van literêre vertaling, en dokumentêre navorsing ter ondersteuning van vertaalteorie, -geskiedenis en -kritiek met betrekking tot die gebied van literêre vertaling.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· te kan redeneer teen die kulturele en historiese agtergrond van die dissiplines met verwysing na die hoofrolspelers;

· die hoof- teoretiese kwessies waaraan hierdie benaderings en dissiplines aandag gee, te verstaan;

· die sleutelterme, konsepte en analitiese instrumente wat die debat in die benaderings en dissiplines vrom, toe te pas;

· bogenoemde op ’n kritiese bespreking van relevante kwessies toe te pas;

· bogenoemde op relevante toepassings buite die gebied van literêre studie toe te pas.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%

Veeltaligheid in Opleiding en Onderwys (LIN8X09)

Die doel van hierdie module is om studente vertroud te maak met die breë gemeenskapskwessies met betrekking tot veeltaligheid binne die omvang van toegepaste linguistiek as ’n gebied van kritiese ondersoek, met die fokus veral op taalgebruik in veeltalige klaskamer- en opleidingsituasies met ’n verskeidenheid studente- en verbruikersgroepe.

By voltooiing van die module moet studente in staat wees om:

· te kan redeneer teen die kulturele en historiese agtergrond van die dissiplines met verwysing na die hoofrolspelers;

· die hoof- teoretiese kwessies op die gebied van toegepaste linguistiek met spesifieke verwysing na taalgebruik in veeltalige studente-omgewings te verstaan;

· die sleutelterme, konsepte en analitiese instrumente wat die debat in die benaderings en dissiplines vorm, toe te pas;

· bogenoemde op ’n kritiese bespreking van relevante sake in Suid-Afrika toe te pas;

· bogenoemde op relevante toepassings op die gebied van toegepaste linguistiek toe te pas.

Berekeningskriteria:

· Minimum volletydperkpunt vir eksamentoelating – 40%

· Volletydperkpuntegewig – 50%

· Eksamenpuntgewig – 50%