Twee hoofgebiede van Linguistiek word in die tweede jaar van Linguistiek behandel: Sosiolinguistiek word in die eerste semester behandel en Psigolinguistiek gedurende die tweede semester. Sosiolinguistiek is die dissipline van Linguistiek wat die verhouding tussen taal en die samelewing ondersoek. Sosiolinguistiek ondersoek die maniere waarop taal in verskeie kontekste funksioneer en die manier waarop gemeenskapstrukture ‘n invloed het op hoe mense taal gebruik. Teen die agtergrond van die veeltalige en multikulturele Suid-Afrikaanse samelewing, beoog hierdie module om jou aandag op die belangrike koppelvlak tussen taal, gemeenskap en kultuur te vestig en die maniere waarop taal en taalvariëteite in wisselwerking tree, en die maniere waarop taal mense kan verenig, skei en persone as lede van spesifieke groepe identifiseer, bv. kultuur-, geslags-, etniese, godsdienstige, streeks- en nasionale groepe. ​

Psigolinguistiek is ‘n subveld van Linguistiek wat beoog om die sielkundige beginsels te ondersoek wat mense in staat stel om taal te kan verstaan, produseer, verwerf en onthou. Die program beoog om jou aan verskeie aspekte van psigolinguistiek bekend te stel, insluitend die verhouding tussen taal en die brein met ‘n fokus op albei beskadigde en normale taalgebruik asook sleutelkwessies oor die produksie en begrip van mondelinge en geskrewe taal. Dwarsdeur die program sal jou aandag gevestig word op die verstandelike prosesse en strategieë betrokke by vertaling, redigering en tolking; wat almal uiters komplekse taalfasiliteringstake is wat ‘n groot rol speel in die veeltalige en multikulturele Suid-Afrika en wat ‘n noodsaaklike deel van die taalpraktyk uitmaak.