Taalpraktisyns verrig verskillende taalverwante take wat strek van taalversorging, vertaling en tolking tot terminologie-ontwikkeling en leksikografie. Die module Taalpraktyk 3 verskaf aan jou noodsaaklike professionele riglyne en praktiese vaardighede op al bogenoemde gebiede. Die werk wat deel van hierdie module uitmaak, bou voort en brei uit op die basiese taalpraktykinstrumente wat in die module Taalpraktyk 2 verwerf is en deel uitmaak van ʼn onontbeerlike voorvereiste vir Taalpraktyk 3. Klasoefeninge is generies van aard en kan op ʼn verskeidenheid taalkombinasies toegepas word; waar moontlik word studente aangemoedig om praktiese werkopdragte in hul eie voorkeurtaalkombinasie te doen.