Staff Members

Home » Frederick Botha​​​

Mnr
Name: Frederick Botha
Location: ​B-Ring 510 Auckland Park Kingsway Campus
  Staff Members

Contact Details:
Tel: 011 559 2699

Email: fbotha@uj.ac.za

About Frederick Botha​​​

Frederick Botha is ’n junior lektor in Letterkunde in die Departement Afrikaans. Sy spesialiteitsrigting is Prosa en hy is verantwoordelik vir die doseer daarvan op voorgraadse sowel as nagraadse vlak. Hy bied ook Drama en Beeldtekste op voorgraadse vlak aan en tree op as studieleier vir Honneurs- en Magisterstudente tydens die voltooiing van hulle skripsies/verhandelinge. Behalwe vir die Prosa is sy ander belangstellingsveld tekstransformasie met die verwerking van literêre tekste na filmdraaiboeke. Hy dien ook op die keurpaneel vir die UJ-pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans.

In 2009 ontvang hy die graad BA Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en in 2010 sy Honneurs in Afrikaans (cum laude) aan die Universiteit van Johannesburg. In 2013 verwerf hy ook sy meestersgraad in Afrikaans (cum laude) aan die Universiteit van Johannesburg met ’n verhandeling getiteld: “Die rol van briewe in Etienne van Heerden se In stede van die liefde en30 nagte in Amsterdam”. Hy is tans besig met sy doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Hy begin in 2013 doseer aan die Universiteit van Johannesburg se Departement Afrikaans.

Behalwe vir die akademie skryf hy ook graag met van sy kortverhale wat al in Human & Rousseau se Nuwe Stories 2(2013) en Nuwe Stories 3 (2014) gepubliseer is.

Hy het die volgende referaat by ’n kongres gelewer:

· Die “agtstekleurgekekkel” in Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam: Tante Zan se bewussynstroom as “gedagtebriewe”. (USAN-kongres vir Jong Navorsers, Universiteit van Stellenbosch, 22 Januarie 2014).