Welkom by die webwerf van die Departement Linguistiek, een van die leiers op die gebied van linguistiek en opleiding van vertalers, tolke en redigeerders.

Hier verskaf ons die nuutste inligting oor die inhoud van ons programme en die personeel wat dit aanbied en ook ons kontakbesonderhede en ander belangrike feite oor ons Departement.

Die Departement se missie is om kritieke bewustheid van die belangrikheid van deeglike kennis van die maniere waarop taal en tekste werk as essensiële komponente van alle suksesvolle kommunikasie te ontwikkel deur studente op te lei om met taal en tekste in wisselwerking te tree en om navorsing in ‘n verskeidenheid domeine te onderneem ten einde hulle as taalgebruikers te bemagtig.​