Wat is Linguistiek?

Linguistiek is die wetenskaplike studie van taal. In Linguistiek bestudeer ons baie interessante onderwerpe: Waar kom taal vandaan? Hoe word taal gestruktureer? Hoe bewaar en kry ons toegang tot taal in ons koppe? Hoe verander ‘n taal mettertyd? Hoe gebruik ons taal in die werklike wêreld? Hoe verstaan ons mekaar? En nog vele meer…

Ons Departement is uniek geposisioneer om in die behoeftes van studente te voorsien wat in die teorie en praktyk van taal belangstel. Die Departement Linguistiek is die gasheerdepartement vir die graad BA Taalpraktyk. Die modules wat deel van hierdie graad uitmaak, is ontwerp om vaardighede te leer, soos redigering, vertaling, tolking en navorsing. Studente in ons BA Taalpraktyk-graadprogram word ook blootgestel aan modules in inleidende linguistiek, kruiskulturele kommunikasie, taalbewustheid, sosiolinguistiek en psigolinguistiek.

Watter tipes loopbaangeleenthede is beskikbaar?

Sodra studente gekwalifiseer is, kan hulle tot die arbeidsmark toetree as vertalers, tolke, taalbeplanners, kopieskrywers, subredakteurs, taalonderwysers of taalpraktisyns.

Is dit moontlik om Linguistiek op nagraadse vlak te studeer?

Ja. Op nagraadse vlak fokus ons honneurs- en magistergrade in Toegepaste Linguistiek op Vertaalstudie, Teksredigering en Tolking. Ons bied die volgende nagraadse grade aan:

– Honneurs in Toegepaste Linguistiek (vol- of deeltyds)

– Magister in Toegepaste Linguistiek

– Doktorsgraad in Toegepaste Linguistiek

Hoe kan ek die Departement Linguistiek aan UJ kontak?

U kan mev. Trudie Strauss by +27 11 559 2694 skakel of ‘n e-pos na trudis@uj.ac.za stuur.

Waar kan ek ‘n aansoekvorm kry?

U kan die Universiteit van Johannesburg se Inskrywingsentrum by +27 11 559 4555 skakel. Aansoekvorms is ook op die UJ-webwerf beskikbaar: www.uj.ac.za.

Wanneer moet ek vir die BA Taalpraktyk-graadprogram aansoek doen?

Buitelandse studente moet voor 31 Augustus aansoek doen. Die sluitingsdatum vir ander aansoeke is 31 Oktober.