Redigering behels om “probleme in ‘n teks op te spoor wat nie ‘n vertaling is nie en dit dan reg te stel of verbeter, met besondere aandag om die teks vir sy toekomstige lesers en dit waarvoor hulle dit gaan gebruik, geskik te maak”. Redigeerders gaan taal en styl na, maar is meesal ook by ‘n verskeidenheid ander aktiwiteite betrokke, soos skakel met skrywers en uitlegkunstenaars, stel veranderings aan ‘n manuskrip voor en skryf selfs opsommings, mediaverklarings, ens. Redigering is ‘n kuns, nie ‘n wetenskap nie (aangepas uit Mossop 2007).