Afrikaans se 100 jaar bestaansvieringe: “Kaas, Wyn & Woorde – ‘n Eeu van Afrikaans”
Die UJ Biblioteek nooi u vriendelik uit na Afrikaans se 100 jaar bestaansvieringe.
AGTERGROND: In 2025 vier ons ‘n volle 100 jaar sedert Afrikaans amptelik as ‘n landstaal erken is. Hierdie geleentheid gee ons die kans om nie net terug te kyk op die ryk geskiedenis van die taal nie, maar ook om dit op ‘n gesellige, elegante en inklusiewe manier saam met vriende, kultuurliefhebbers en gemeenskapslede te vier. Ons bring die viering nader aan die mense deur middel van ‘n kaas-en-wyn aand
— ‘n stylvolle kultuurbyeenkoms waar ons musiek, poësie en taal laat saamsmelt.
Datum: 8 Mei 2025 om 17:00 – 20:00
Plek: Universiteit van Johannesburg Biblioteek, Chinua Achebe Ouditorium, Vlak 6, Auckland Park Kingsway Kampus, h/v Kingsway & Universiteitsweg, Auckland Park.
RSVP teen 6 Mei by https://forms.office.com/r/MENPVEZfyS
Musiek: Roof (Andries) Bezuidenhout sing Koos du Plessis se liedjies.
Uitstalling: Dineke Orton, Jaco van Schalkwyk, Willem Boshoff, Jaco Meyer, Bibi Slippers, Quaz Roodt & Herman Myburgh
Toor|Bos is ‘n spel met woorde en woude, voortspruitend uit talle kreatiewe velde. Dit is ‘n multimedia ervaring wat visuele kuns, musiek, poësie en tegnologie integreer en kan terselfdertyd sprokie-agtig en onheilspellend voorkom.
“Afrikaans 100” is nie net ‘n herdenking nie – dis ‘n fees van gemeenskap, kultuur en kreatiwiteit. Wat beter manier om die taal te vier as met mooi woorde, musiek– en mekaar?
Disclaimer: The University of Johannesburg encourages academic debate and discussion that are conducted in a manner that upholds respectful interaction, safety of all involved, and freedom of association as enshrined in the law, the Constitution, and within the boundaries of the University policies. The views expressed during events are expressed in a personal capacity and do not necessarily reflect the views of the University of Johannesburg.
