Vertaling kan na die algemene vakgebied, die gevolg van vertaling, wat die teks of produk (boek, verslag, gedig, ens.) is of natuurlik ook die handeling om die produk voort te bring, dus die handeling van vertaling, verwys. Die proses van vertaling vind tussen twee tale plaas wanneer ‘n persoon ‘n skriftelike teks in die oorspronklike taal in ‘n skriftelike teks van ‘n ander taal verander (aangepas uit Munday 2008).

Profiele van professionele vertalers:

Brenda Nomadlozi Bokaba: Hooftaalpraktisyn vir Zulu

Kwalifikasies: BA; BA Honneurs; MA (Linguistiek); Lei-die-opleier-op-sertifikaat

Ek het as ‘n opvoeder by Mamelodi Hoërskool en Hofmeyr Hoërskool gewerk waar ek tale onderrig het. Ek het ook as ‘n taaldosent aan Vista Universiteit, Mamelodi Kampus (nou die Universiteit van Pretoria) gewerk. Tans is ek ‘n kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisie se Taalbestuureenheid. Ek is die bevelvoerder van die afdeling en my verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk nie tot, die bestuur van die afdeling vir Afrikatale, Engels, Afrikaans en vreemde tale.

Ek bestuur ook die jaarlikse begroting van die afdeling. Ek is ook betrokke by projekte wat met taalopleiding verband hou. Ek is ook ‘n fasiliteerder/opleier vir die Uitvoerende Ontwikkelingsleerprogram van die SAPD. Ek het baie vaardighede verwerf terwyl ek in verskillende omgewings gewerk het, insluitend vaardighede in die uitgewersbedryf by die Gauteng Instituut vir Onderwysontwikkeling, waar ons leerprogramme vir die Departement van Onderwys ontwikkel het. As vryskutvertaler het ek boeke vir alle vlakke in Zulu vertaal, geredigeer, nagegaan en was ook medeskrywer en het saam met ‘n aantal uitgewers en uitgewersmaatskappye gewerk.​