Staff Members

Home » Dr ​Donovan Lawrence

Senior Lector
Name: Donovan Lawrence
Location: ​B-Ring 521 Auckland Park Kingsway Campus
  Staff Members

Contact Details:
Tel: 011 559 3922

Email: dclawrence@uj.ac.za

About Dr ​Donovan Lawrence

Dr Donovan Lawrence is ‘n senior lektor in Taalkunde in die Departement Afrikaans. Hy doseer voorgraadse kursusse in onder andere Leksikografie, Variasietaalkunde en Sosiolinguistiek. Op nagraadse vlak bied hy Navorsingsmetodologie aan en verskaf studieleiding aan studente op Honneurs-, Magister- en Doktorale vlak.

Sy voorgraadse en nagraadse kwalifikasies verwerf hy onderskeidelik aan die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit van Johannesburg.  Hy voltooi ‘n BA (UWK) in 1986, ‘n Hoër Onderwysdiploma (UWK) in 1987 en‘n Honneursgraad in Afrikaans (UWK) in 1993. Hy verwerf sy Magister (Cum Laude) in 1998 aan die Universiteit van Johannesburg met ‘n skripsie getiteld: Kodewisseling tussen Afrikaans en Engels as instrument vir effektiewe kommunikasie en doktoreer in 2004 aan UJ met die proefskrif:Rekenaargebruik vir die aanleer van Afrikaans.

Hy bevorder sy vaardigheid en belangstelling in e-leer en die gebruik daarvan in taalonderrig deur die volgende internasionale kursusse te voltooi: The effective use of the Internet in Language Teac​hing (2001) aan die Universiteit van Amsterdam en Online Education and Training for Language Teaching aan die University of London (UK).

Hy lewer referate by verskeie nasionale en internasionale kongresse. , o.a.

  • Creative ideas for the use of e-mail in outcomes-based education. (21st World Congress of the World Federation of Modern Language Associations (FIPLV), Rand Afrikaans University, 4 July 2003)
  •   Die WWW as bron vir taalonderrig (SAVTO Nasionale Kongres, Universiteit van Natal, Durban, 28 Junie 2002)

· The effective use of the Internet in Language Teaching in South Africa: A work-in-progress report (Technikon SA, 1 August 2001)

  •  Afrikaans-Engels kodewisseling: ‘n instrument vir die effektiewe hantering van multitalige en multikulturele stuasies (SAVTO Nasionale Kongres, Potchefstroom Universiteit, 28 Junie 2000)

Sy navorsingspublikasies sluit in:

· Lawrence, Donovan. 1998. Kodewisseling: Engels in Afrikaans – ‘n instrument tot effektiewe kommunikasie.Tydskrif vir Taalonderrig 33/3: 265-273

  • Lawrence, D. 2009. CALL and the development of reading skills: bridging the gap between theory and practice.Journal for Language Teaching 43/2.
  •  Lawrence, D C & Ndlovu, N. 2009. ICT in the classroom: Educator’s Choice. Sandton: Heinemann Publishers.
  • Ndlovu, N.S & Lawrence, D, “The quality of ICT use in South African classrooms”. University of the Witwatersrand, Wits School of Education”, Towards Carnegie” conference held at the University of Cape Town 7 September, 2012.
  •  Lawrence, D., Le Cordeur, M., Van Oort, R., Van der Vyver, C., Lombard, E & Van der Merwe, L. 2014.Afrikaansmetodiek deur ‘n nuwe bril. Kaapstad: Oxford University Publishers.​