is sedert 1998 professor in letterkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit en tans is hy voorsitter van die Departement Afrikaans. Hy was voorheen hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Zululand. Hy het sy proefskrif oor postmodernisme in die prosa in 1995 voltooi.Willie het oor 'n wye aantal temas in 'n verskeidenheid vaktydskrifte gepubliseer. Sy navorsing gedurende die afgelope paar jaar fokus veral op narratiewe singewing en bemoeienis met die verlede (veral n.a.v. die werk van Paul Ricoeur).
Hy het al verskeie kongresse georganiseer en lewer dikwels referate by binnelandse en buitelandse kongresse.
In 2002 het die eerste omvangryke studie in boekvorm oor die werk van Karel Schoeman, Sluiswagter by die dam van stemme, onder redaksie van Willie en kollega Helize van Vuuren verskyn.
Hy skryf gereeld resensies in koerante en in vaktydskrifte. Hy is tweeweekliks vir die "Kopstukke"-rubriek (oor letterkunde) in Beeld se Saterdagbylae, By, verantwoordelik. Willie was vir twee termyne voorsitter van die Afrikaanse Letterkundevereniging.
Willie het vir 8 jaar 'n maandelikse rubriek vir die tydskrif Baba & Kleuter geskryf. 'n Keur van hierdie sketse is in 2002 deur Protea Boekhuis in boekvorm uitgegee (Pa se stem) en in 2005 het Pa se stem (volume 2) by Lapa verskyn.
Boekpublikasies
1994. Die (on)bruikbaarheid van die term postmodernisme vir die lees en periodisering van die Afrikaanse literatuur. In. Hattingh, Marion & Willemse, Hein (reds.) Vernuwing in die Afrikaanse letterkunde. Bellville: UWK-Drukkery. (pp. 59-70.)
2002. Burger, Willie en Van Vuuren, Helize. (reds.) Sluiswagter by die dam van stemme: Beskouings oor die werk van Karel Schoeman. Pretoria: Protea Boekehuis.
2002. Stemme uit die duister: Schoeman se bemoeienis met die verlede. IN: Burger, Willie & Van Vuuren, Helize. Sluiswagter by die dam van stemme: Beskouings oor die werk van Karel Schoeman. Pretoria: Van Schaik.
2004. Listening to the voices: narrative and identity in the work of Karel Schoeman. IN: Viljoen, Hein (red.) Storyscapes. VSA.
2006. (As redakteur) Die oop gesprek: N.P. van Wyk Louw-gedenklesings. Pretoria: Lapa.
Publikasies in geakkrediteerde vaktydskrifte
1992. Waardeoordeel en die lees van 'n postmodernistiese prosateks. Literator. 13(1) April.
1993. Van lag vir die waarheid tot postmodernistiese hoop. Tydskrif vir letterkunde. XXXI(4) Nov.
1994. Postmodernisme: doelgerig of vrolike fuif? - 'n Polisieroman en 'n moorddroom. Literator. 15(1) April.
1995. Om inteendeel te sê: Oor selfskepping - wanneer lewe en vertel deurmekaar raak. Literator 16(2) Aug.
1995. Die werfbobbejaan van Alexander Strachan: Wêrelde sonder grense. Tydskrif vir letterkunde. XXXIII(4) Nov.
1996. Van helde en boewe en ander clichés. Tydskrif vir letterkunde. XXXIV(3) Aug.
1997. Die cowboy en die wildvanger: Die Western en Alexander Strachan se Die werfbobbejaan. Stilet. IX(1). Maart.
1997. Vatmaar die kronieke uit die doofpot of triomfeer met sandkastele: Geskiedenis in resente Afrikaanse romans. Stilet. IX(2) September.
1998. Al reisende na identiteit. Reis en identiteit in enkele Afrikaanse romans. Literator. 19(2) Aug.
1999. Yster Swart, Mannetjies Mentz en Eugene de Kock: Tekstualisering van die Afrikanerskurk. (aanvaar vir publikasie in) Stilet. XI(2) September.
2000. Also sprach Treppie: Taal en verhaal in Marlene van Niekerk se Triomf (of "It's all in the mind"). Literator 21(1). April.
2000. Karel Schoeman's voices from the past: Narrating the Anglo-Boer War. Current Writing 12(1). May.
2001. The past is another country: Narrative, Identity and the Achievement of Moral Consciousness in Afrikaans Historiographical Fiction. Stilet XIII:2. July.
2002. Eendag was daar… (of was daar nie?). Stories: Onthulling, verdoeseling of moontlikheid? Stilet XIV:1. April.
2003. Afrika en Afrikaans: Die beskouings van Herman Charles Bosman en Van Wyk Louw. Tydskrif vir letterkunde. 40(1): 23-33.
2003. "Bolwerk teen tyd en vergetelheid": Karel Schoeman se "outobiografiese aantekeninge". (Aanvaar vir publikasie in Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans. Desember 2003)
2003. "Die ware historie": Die verband tussen kuns en die verlede na aanleiding van Die swye van Mario Salviati. Stilet XV:2. September.
2003. (Mede-outeur saam met Margot Pakendorf) "Terwyl ons volke mekaar nog verskeur het, het ons oor verslete skryfboeke gesit": Die motto in Afskeid en vertrek. Stilet XV:2. September.
2005. Breyten Breytenbach se Boek. Die taal (poësie) as voelinstrument om bewussyn te verken. Literator 25(2) November.
2006. Deur 'n spieël in 'n raaisel: Kennis van die self en die ander in Agaat van Marlene van Niekerk. Tydskrif vir Taalonderrig. 40(1) Junie. 178-194.
2006. "Dit is sterk doepa daai", maar is dit al wat ons het? JLS/TLW 22(3/4) Desember