SPREKER Professor Willie Esterhuyse
Bekroonde filosoof en politieke ontleder
TEMA “Om met die vyand te praat”
DATUM Donderdag 16 Augustus 2012
TYD 17:30 vir 18:00
PLEK Johannesburg Buiteklub Napierweg, Auckland Park
Na afloop van die voordrag word ’n ligte ete bedien.
RSVP Voor of op Maandag 13 Augustus 2012 om 14:0
Me Rae Israel, 011 5592896 of risrael@uj.ac.za
Genooides is hartlik welkom om gaste saam te bring.
Professor Willie Esterhuyse was lank hoogleraar in Filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch en dosent in sake-etiek aan US se Sakeskool. Hy is die outeur of mede-outeur van meer as 20 boeke, waarvan die jongste, Eindstryd: Geheime Gesprekke en die Einde van Apartheid, onlangs verskyn het. Onder prof. Esterhuyse se talle toekennings is die NP van Wyk Louw-medalje van die SA Akademie
vir Wetenskap en Kuns in 1999 en die Orde van Luthuli (silwerklas) in 2003. Hy het ook wye erkenning gekry vir sy rol in die inisiëring van
gesprekke tussen die destydse NP-regering en die toe verbanne ANC.
Prof. Esterhuyse se Otto Krause-gedenklesing handel oor hierdie ontmoetings.